
ONS STORIE
Wat is 'n Nooitjie?

Nooitjies is sterk vrouens wat hande vat en saam 'n groot verbetering in hulle gemeenskap maak.
Ons missie is om vir vrouens 'n spasie te skep waar hulle kan ontspan en tydens die reis van selfontdekking, in staat te stel om hul unieke sterkpunte en vermoëns te omhels. Hierdie sterkpunte word dan ingespan om 'n groot verskil in die gemeenskap te maak en die lewens van minder bevoregtes te verbeter.
Waarvoor wag jy? Word vandag deel van ons ondersteunende vroue gemeenskap!


Nooitjies Dienste




Nooitjies Klasse
Vrouefees
Vrouekamp
Tydens die unieke Nooitjies klasse doen ons twee keer ‘n maand alles wat kreatief en lekker is. Van skilder tot kerse maak, terwyl ons Oakfield se heerlike kos en drankies geniet.
Klasse vind plaas op Woensdae. Die oggend Nooitjies klasse begin 09:00 en die laat middag klasse om 18:00. Klasse is ‘n uur lank, maar enige vrou is welkom om langer te bly as sy wil.
Nooitjies fooie sluit 'n gratis jaarlikse Vrouekamp, twee Vrouefees kaartjies, en dek ook jou totale bydrae tot die jaarlikse Welsyn Fondsinsamelings projek.
Kom ons vier vrou wees! Vrouefees vind die Saterdag voor Vrouedag plaas en die hele familie is welkom.
Lekker kos, speletjies en goeie musiek kan geniet word deur jonk en oud. Kaartjies is slegs R80.00 vir grootmense en R40.00 vir kinders onder 12.
Al die geld wat tydens hierdie fees gemaak word gaan direk aan die gekose liefdadigheid organisasie.
Kom geniet die natuur saam in al sy glorie van die 18de tot die 19de Junie 2025.
Vir Nooitjies lede is hierdie kamp gratis, maar enige vrou is welkom om by hierdie avontuur aan te sluit vir slegs R750.00.
Die kampterrein se adres sal privaat aan almal gestuur word wat aan die pret uitstappie gaan deelneem.



Glansbal
Slegs Nooitjies lede word toegalaat om hierdie glans geleentheid by te woon.
Alle Nooitjies lede en iemand van hulle keuse word jaarliks bederf met 'n aand van opwinding.
Meer inligting rakend hierdie byeenkoms sal gedurend die Nooitjies Klasse deurgegee word.
gepaar te word.


Welsyn Fondsinsameling
Sluit by ons eie van sy soort welsyn fondsinsamelingsdag die 6de Junie 2026 aan en maak 'n groot verskil in iemand se lewe.
Kaartjies kos R 100.00 elk en elke sent wat gemaak word gaan aan die bevordering van minder bevoregtes se lewens.
Hierdie groot verbeteringe vind dan die 20ste Junie plaas - sien langsaan.

Welsyn Aksie Dag
Op die 20ste Junie is enige iemand welkom om by die Nooitjies lede aan te sluit om die bakstene van verandering neer te lê by verskeie welsyn instansies.
Ons gee nie geld vir welsyn instansies nie, maar ons doen al die nodige verbeteringe gratis. Ons werk in spanne en rus nie tot elke uitgesette takie klaar is nie.
VERSEKER JOU PLEK
Nooitjies Lidmaatskap

Kontak Ons:

Kontak Ons